REHABILITATING THE BUSH ON OUR STANDS IN MARLOTH PARK

Due to poor veld and animal management, Marloth Park and its property owners now have the massive task of all contributing towards the rehabilitation of the veld.   For some years overstocking was allowed to continue as no game reduction programme could be completed. Now that this has been done, we also have to contend with the fact that there is a lack of rain as well as a predicted poor wet season and water restrictions. For years property owners have been sweeping around their homes, adding to veld degradation. We need to rehabilitate the veld in a responsible manner, ensuring the use of proper methods so as not to add to the problem.

*Remove alien invasive and exotic plants from your property. (Ask the Marloth Park Honorary Rangers for guidelines and a brochure.)  These plants deplete our water resources, are often poisonous and generally impede the growth of our indigenous plants.   It is important that the use of herbicides is restricted or not used at all as most herbicides leave a residue and contaminate the soil which stops other plants and grass from growing. If you feel you need to use an herbicide, please get information from the Marloth Park Honorary Rangers.

* Plant grass seed when the rains begin.   Grass seed with sowing instructions can be sourced from the Marloth Park Honorary Rangers.

* Refrain from raking or sweeping your property. Give instruction to your “gardeners” not to do so. You will lose valuable topsoil, and alien plants will be encouraged to grow in these cleared areas. We need dead leaves and twigs to cover and protect the soil, break down and return nutrients to the soil.

For more information: Genie Retief: 082 464 6618, Joce Gordon on 082 306 5133 or Di van Rensburg on 082 296 4477

HOE OM DIE BOS OP ONS STANDPLASE TOT HULLE EERTYDSE GLORIE TE HERSTEL

Te wyte aan gebrekkige veld- en wildbestuur, staar Marloth Park en sy grondeienaars die massiewe taak in die gesig om die veld te rehabiliteer. Oor die afgelope tyd is oorbeweiding toegelaat  om hoogty te vier aangesien geen behoorlike wilduitdunning plaasgevind het nie. Terwyl ons nou hierdie situasie die hoof moet bied, het ons boonop te kampe met ’n uiterste droogte, geen vooruitsig vir uitkoms tydens die komende reënseisoen nie en die moontlikheid van waterbeperkings. Ons moet die veld se drakrag op ’n verantwoordelike wyse herstel deur die aanwending van die regte metodes om  nie die probleem te vereger nie.

*Verwyder indringer- en uitheemse plante. (Klop by die ereveldwagters aan om riglyne en ’n brosjure.) Hierdie plante put ons waterbronne uit, is dikwels giftig en lê die groei van ons inheemse plante aan bande. Dit is van die uiterste belang om die gebruik van onkruiddoders te beperk of totaal te vermy, aangesien die meeste soortgelyke middels ’n neerslag agterlaat wat die grond besoedel en ander plante en gras se groei benadeel. Indien daar ’n behoefte bestaan aan die toediening van onkruiddoders, moet u die ereveldwagters versoek  om u met raad by te staan.

*Plant grassaad wanneer dit begin reën. Grassaad met aanwysings hoe om dit te saai, kan ook van die ereveldwagters bekom word. Grondeienaars het hulle oor ’n lang tydperk skuldig gemaak aan die vee van die oppervlakte om hulle wonings wat tot die agteruitgang van die veld bygedra het.

*U moet totaal afsien van die hark en vee van u eiendom. Dra die boodskap oor aan u “tuiniers”. Dit bring mee dat waardevolle bogrond se voedingskrag afneem en indringerplante hulle houvas verstewig. Dooie blare en ander plantmateriaal het ’n belangrike funksie om te vervul: hulle bedek en beskerm die grond, en breek voedingstowwe af en sorg dat hulle behoue bly.  Verdere gegewens en advies verkrygbaar van Genie Retief: 082 464 6618, Joce Gordon: 082 306 5133 en Di van Rensburg: 082 296 4477