SIMPLE WAYS TO HELP TO CONSERVE OUR WILDLIFE IN MARLOTH PARK

If we don’t conserve the soil we have no vegetation. Without vegetation we have no animal life.

WHAT HAPPENS WHEN WE SWEEP OUR PROPERTIES BARE AND CLEAN?

  • We encourage snakes and scorpions and other less desirable visitors to seek shelter in our houses or verandas as there is no other cover nearby outside.
  • Pioneer plants (often weeds) take overto try to bind the soil and protect it from wind, sun, rain.
  • We lose the fallen leaveswhich help to keep moisture and nutrients in the soil and prevent over-heating of the ground. They also prevent weeds from taking hold.
  • We encourage soil erosion.

TO CONSERVE YOUR OWN PROPERTY

  • Do not sweep your property. At most, cut short 2m grass around your house. Leave fallen leaves to protect the ground.
  • Leave rocks scattered in the veld as cover for small animals.  There they will help keep snakes, scorpions and mice away from your home.
  • Do not plant exotic plants of any kind. Plant locally indigenous species. They will need little water after they are established, are resistant to insect infestations and you SAVE WATER.
  • Help the veld recover by planting locally indigenous grass seeds.
  • Do not slash black jacks.  Slashing will remove the seeding heads of grass and indigenous forbs.
  • Stabilize soil erosion by filling with brush, gravel and plant grass.
  • Do not form exclusion areas where game cannot graze. THE SMALLER WE MAKE THE ANIMALS’ GRAZING RANGE, THE LESS ANIMALS MARLOTH PARK CAN CARRY (and the more that need to be culled!)

EENVOUDIGE MANIERE OM ONS WILD IN MARLOTH PARK TE HELP BEWAAR.

As ons nie let op die toestand van ons grond nie, het ons geen weiding nie. Sonder weiding    het ons geen diere nie.

WAT GEBEUR AS ONS RONDOM ONS HUISE SKOONVEE EN DIE GROND BRAAK LAAT?

  • Dis 'n uitnodiging vir slange en skerpioene en alle ander onwelkome besoekers om asiel in ons huise of op ons stoepe te kom soek aangesien daar nie ander skuilplekke te vinde is nie.
  • Pioniersplante wat dikwels onkruid insluit, neem oorom sodoende die grond te probeer bind om dit teen die wind, son en reën te beskerm.
  • Ons verloor die blarewat afval wat die grond teen oorverhitting beskerm, wat

vog en waardevolle voeding teruggee aan die grond en wat keer dat onkruid  die oorhand kry.

  • Ons help ook gronderosie aan.

 

OM U EIE EIENDOM TE BESKERM

  • Moenie rondom u huis vee nie. Probeer om die gras nie meer as twee meter weg van u huis af te sny nie. Los die blare-afval om die grond te beskerm
  • Los die groot klippe en rotse in die veld om as beskerming vir die kleiner diertjies te dien.
  • Moenie uitheemse en eksotiese plante plant nie. Plant plaaslike inheemse plante. Hulle sal min water nodig hê sodra hulle gevestig is, bied weerstand teen insekte-oorname en u SPAAR WATER.
  • Help die veld herstel deur plaaslike inheemse grassaad te plant.
  • Moenie knapsekêrels (ook wewenaars genoem) afkap nie,  aangesien die sade van die inheemse gras en plante saam afgekap word.
  • Stabiliseer gronderosie deur struikgewasse of gras te plant of met gruis op te vul.
  • Moenie afgesperde areas tot stand bring waar diere nie kan wei nie. HOE MEER ONS DIE DIERE SE WEIDING  INPERK, HOE MINDER DIERE KAN DEUR MARLOTH PARK SE VELD GEDRA WORD. (en soveel meer moet dan van kant gemaak word)